Thailand verdeeld oor koningskap

Die groeiende beweging van Taiwannese inwoners wat ten gunste is van ʼn demokratiese bestel buite die huidige monargie, is ook ʼn verdelende element tussen diegene wat die koningskap ondersteun en die teenstanders daarvan.

Die pro-demokratiese beweging sê in ʼn verklaring dat die land nie aan die koning behoort nie, maar aan die mense van die land, en daarom word gestreef na ʼn ander bestel wat ook ʼn republikeinse model insluit.

Die slagspreuk dat die land aan die mense en nie aan die koning behoort nie, het vinnig veld gewen, en het die eerste protes optogte teen die huidige bestel begin toe groot getalle mense in die hoofstad Bangkok , in die strate saamgekom het.

Die veldtog word ook ondersteun met T-hempies, sleutelhouers en selfs tatoeëermerke wat aandui dat hulle pro-demokrasie ondersteuners is.