Taiwan skrik nie vir Sjinese rampokkers

Taiwan sal nie geïntimideer word deur Sjina se “rampokker” beamptes en sal voortgaan met feesvieringe op die land se nasionale dag.

Die uitspraak is deur die regering gemaak nadat Taiwan ook gesê het Sjinese diplomate het probeer om intimidasie toe te pas wat tot in Fiji ondervind is.

Die Sjinese optrede het veroorsaak dat die Taiwannese diplomaat in die hospitaal opgeneem moes word, wat daarna deur Sjina ontken is, maar wat Taiwan nog meer vasbeslote gemaak het om nie sy grondgebied met enige ander staat te deel nie.

Taiwan sê die Sjinese het tydens die nasionale feesdag probeer om foto’s te neem sodat hulle kon sien wie teenwoordig is, wat later geïntimideer kan word.

Die Taiwannese Minister van Buitelandse Sake het beklemtoon dat Taiwan, wat ʼn land is waar vrede met almal nagestreef word, sal voortgaan om sy nasionale dag te vier soos in die verlede, en dit gaan nie verander nie, is gesê.

Gedurende die afgelope maande het die spanning verhoog tussen die regerings van Taiwan en Sjina, en die jongste gevalle van beweerde intimidasie word ʼn gevaarlike vlam naby die kruitvat.