Swart boere word geteiken

Honderde swart boere is die teiken van staatsamptenare wat hulle afdreig met omkoopgeld sodat hulle boerdery op staatsgrond kan voortgaan.

Ingeligte bronne beweer dat die amptenare die swart boere afdreig om groot bedrae aan hulle te betaal sodat hulle die volgende 30 jaar mag boer op staatsgrond waar hulle reeds as landbouers gevestig is.

Die korrupte staatsamptenare, wie se name nie bekend gemaak mag word nie, eis bedrae wat die swart boer dikwels nie kan bekostig nie, en leef in vrees dat hy van die grond afgesit gaan word.

Georganiseerde Landbou het begin met die insameling van swart boere se verklarings wat as deel van ʼn klagstaat sal dien teen die korrupte amptenare.

Die korrupsie in Suid-Afrika is so omvangryk op elke terrein, dat meningsvormers reken die pogings van die Ramaphosa bewind is veels te gering om die probleem uit die weg te ruim.