Swakker voedsel gehalte kan verwag word

Die moontlikheid dat swakker gehalte in produksie van voedselsoorte kan die Suid-Afrikaanse mark tref in die volgende paar jaar, word voorsien deur deskundiges in die landbou bedryf.

Die koms van onopgeleide, opkomende boere wat op ʼn relatief kleiner skaal produseer, se produkte sal nie altyd aan die erkende standaarde van gehalte voldoen soos wat tot nou toe gevind word nie.

Die ekonoom wat die siening huldig, sê die tweede bron van kommer is dat die kommersiële boere van vandag reeds begin het om hulle produksie te rig op die uitvoer mark, wat beteken dat die goeie gehalte waaraan SA verbruikers gewoond geraak het, uiteindelik nie meer beskikbaar sal wees nie, of baie skaarser sal word met ʼn veel hoër prys.

Dit is veral vrugte en groente wat die eerste linie van produkte is wat die tendens kan ervaar, terwyl vleis en graangewasse ook later op die winkelrak sal verskyn wat nie aan die normale gehalte vereistes voldoen nie.

Hy sê die neiging bestaan reeds by sekere kettingwinkel groepe om voorkeur te gee aan die produksie van opkomende boere, en wil daarmee twee dinge bereik. Eerstens verseker dat die opkomende boer se produksie op die winkelrak verskyn, sonder ʼn keuse in gehalte. Tweedens stel dit die opkomende boer in die posisie om meer te produseer, en nie noodwendig te fokus op gehalte nie.