Studente kan terugkeer vir klasse

Bykomend tot die besluit dat internasionale reise oopgestel word onder sekere voorwaardes, is Vlak 1 se inperkings ook vanaf 1 Oktober so aangepas dat Hoër Opvoedkunde by Universiteite ook aangepas word.

Universiteit studente kan nou volledig terugkeer na die kampus en die klaskamers, wat vir ʼn groot deel van die studente ʼn verligting sal wees.

Die Minister, Blade Nzimande het aangekondig dat universiteit studente nou toegelaat word om ten volle terug te keer om hulle studies voort te sit.

Daar is egter sekere beperkings wat streng gevolg moet word benewens die gewone vereistes van maskers, hand reinigers, sosiale afstand wat gehandhaaf moet word en die maksimum aantal mense wat in een lokaal saam vergader mag wees.

Klaskamers en vergader plekke mag egter net 50% van sy normale kapasiteit se student huisves, en die maksimum in so ʼn lokaal is 250 mense.

Die verwagting is dat 10 van die universiteite sal die jaar se studies in 2020 finaliseer, terwyl vier hulle studies afsluit in Januarie 2021 en ʼn paar sal eers in Februarie of Maart die 2020 studies afsluit.