Staatsentiteite eis nog geld

Dit lyk asof die dreinering van staatsgeld nie gaan ophou nie. Staats beheerde entiteite is steeds besig met bakhand bedelary om te “oorleef”. 

Die bankrot staat beheerde Landbank het reeds R3 biljoen ontvang vir die 2010/21 fiskale jaar maar kan steeds nie sy verpligtinge nakom nie. Die bank het nou by Tesourie “aansoek” gedoen vir R7 biljoen vir die 2021/22 boekjaar en ‘n verdere biljoen rand per jaar vir die volgende drie jaar.

Intussen het die wapen vervaardiger Denel aansoek gedoen vir R3,8 biljoen oor die volgende drie jaar .  Denel  het ‘n R1,7 biljoen rand verlies gemaak tydens die 2019/20 boekjaar. SA Poskantoor soek R4,9 biljoen , SABC R1,5 biljoen en die lughawe maatskappy ACSA soek ‘n inspuiting van R3,5 biljoen

Indien Eskom en SAA verdere hulp ontvang gaan die land in ‘n skuld krisis beweeg aldus Tito Mboweni. Maar die regering sal seker maar weer en weer “uithelp” soos voorheen met die reuse bedrae.