Staat kaping arrestasies begin

Die vervolging van ministers, parlementslede, en prominente ANC leiersfigure sal waarskynlik eersdaags die nuus oorheers.

Dit is die mening van ʼn politieke ontleder en navorser van misdaad gebeure  in Suid-Afrika wat ook meen dat veel meer gearresteer gaan word as wat algemeen verwag is, maar stel dit as voorwaarde dat die wil om reg te laat geld, daar moet wees by die vervolgers.

Die eerste twee arrestasie is die van Tim Mokhesi, wat voorheen verbonde was aan die Vrystaat Hulpbronne Departement en sy kolega, die direkteur-generaal Thabane Zulu.

Edwin Sodi het voor die Zondo Kommissie getuig dat die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, en die adjunk-minister van Staatsveiligheid, Zizi Kodwa, en die adjunk-minister van Kommunikasie, Pinky Kekana, ook onwetige betalings ontvang het in 2013 tot 2019.

Klaarblyklik het Mkhize ʼn totale bedrag van R6,5 miljoen gekry van Edwin Sodi terwyl diens gedoen is as die party se Tesourier.

Die vermoede bestaan dat Bongani More ook ondersoek sal word, en dat Ace Magashule, die ANC se Sekretaris-generaal, self ook onder die soeklig gaan kom.

Of almal gearresteer en in die tronk gaan beland, bly ʼn ope vraag wat net met tyd beantwoord sal word.