Spesiale kommentaar- Is dit ons erns?

Afrikaanse Taalmonument

Gedurende die stryd van die tagtigerjare toe die Nasionale Party gestuit is in vele opsigte met die herontwaking van Afrikaner konserwatisme, het enkele waarhede op die gevegsfront na vore gekom wat vandag nog rede bied tot ernstige besinning.

ʼn Gesprek met ʼn voormalige boer van die destydse Rhodesië het baie konserwatiewes van vandag die vraag laat vra: Is dit nog die Afrikanervolk se erns?

Is sy optrede van vandag prysenswaardig as gekyk word na hoeveel volksgenote nie meer aan die Geloftefees, die Krugerfees, die Kersfees en Paasfees deelneem nie, dan is daar rede om te vra of daar nog erns is.

Die voormalige Rhodesiër het ʼn paar stellings gemaak wat aanvanklik verwerp is, maar wat vandag dalk nie meer so verwerplik is nie.

Hy het gesê dat hulle geveg het om hulle land te behou, en het etlike jare die sanksies verduur, maar uiteindelik verloor weens verraad. Die aaklige was dat alle blanke strukture die een na die ander geval het, en later het die grootpraat om die braaivleisvuur al plek geword waar nog iets gesê kon word. Feesdae het verval, selfs die kerke het die een na die ander hulle deure gesluit.

\Toe kom die verdoemende: Suid-Afrika se blankes gaan dieselfde pad loop as hulle nie sekermaak dat hulle kinders reg opgevoed word nie!

Dit is waar ons vandag staan. Is dit ons erns om ons kinders die verhaal van die volkshelde te vertel. Van Wolraad Woltemade, tot by Japie Greyling en Hendrik F. Verwoerd se verhale is besig om te sterf. Die fees van Paul Kruger se verjaarsdag op 10 Oktober is besig om al kleiner te word want ons kinders weet niks van Oom Paul nie.

Ons kinders se volksbewustheid is besig om plek te maak vir iets wat ons nie ken nie, en ons ouers staan apaties en toekyk hoe sy kinders vermeng om te kweek aan ʼn bastergeslag vir die toekoms.

Die wiegies staan leeg want die verskoning is dat geld die groot knelpunt is, terwyl die verlede gewys het dat dit juis die kinders van die verarmde Afrikaners is wat die hoogste sport bereik het.

 Sal daar gebede opgaan wat ons ouers, en ons grootouers, sal aanspoor om die kinders bewus te maak van die helde van gister, die krag van ʼn volk wat as hy toegelaat word, die atoombom kon ontwikkel, die eerste hartoorplanting in die wêreld kon doen, die steenkool tot vloeibare brandstof kon verwerk, die wêreld se mooiste taal tot die hoogste vlak kon ontwikkel…….

Nou sit ons met ʼn klompie pragtige CVO-skole, en wat nog?