Sosialiste wen Bolivia verkiesing

Die leier van die ver-linkse MAS Party het 55% van die stemme getrek in die verkiesing van Bolivia, en daarmee die sosialiste op die voorpunt gesit om die land te regeer.

Die finale stemming wat Vrydag was, het bevestig dat Luis Arce van die Beweging van Sosialisme die verkiesing gewen het.

Die naaste teenstander, Carlos Mesa kon slegs 29% vn die stemme trek, en met die sosialiste se stewige meerderheid, sal Bolivia binnekort ʼn nuwe rigting inslaan op die politieke baan.

Die huidige konserwatiewe regering se grootste terugslag het gekom met hulle leier, Evo Morales wat verlede jaar op vreemde wyse verdryf is, waarna die vertroue in die regering getaan het.

Die Suid-Amerikaanse staat het ernstige finansiële probleme, en met die geweldige aanslag van dwelm base asook die koronavirus pandemie, het kiesers laat soek na ʼn alternatiewe regering.