Slowaakse politieke leier kry tronkstraf

Marian Kotleba, die leier van die Volksparty in Slowakye is in die hof skuldig bevind aan opruiende uitlatings met Nazi-ideologie.

Die hof se beslissing is die eerste in die land se geskiedenis waar ʼn lid van die parlement tronkstraf opgelê word.

Die leier se vier jaar in die gevangenis word beskou om as voorbeeld te dien vir ander mense van die land wat dit sou oorweeg om Nazi ideologie te verkondig in Slowakye.

Die regse parlementslid wat reeds geruime tyd as verkose leier van die Volksparty diens doen, is deur ʼn spesiale hof verhoor om die moontlikheid van meer gevalle van die aard uit te skakel, maar die ondersteuners van Marian Kotleba reken die straf is onbillik en dat die vryheid van spraak asook die reg van parlementariërs hierdeur geskend is.