Sjinese wil onwettig visvang

Amerika het besluit om sy Kuswag te ontplooi nadat hy Sjina daarvan beskuldig het van vuilspel in die Suid Sjinese See, wat Beijing as sy gebiedswaters beskou.

Spanning is verder aan die oplaai tussen die twee super moondhede gedurende die afgelope maande, veral nadat die VSA ook bevind het dat Sjina besig is om in te meng in die presidentsverkiesing wat op 3 November in die VSA gehou word.

Die VSA wil sy kuswag ontplooi in die westelike gebied van die Stille Oseaan om veiligheid te verseker teen moontlike onwettige visvang bedrywighede van Sjina.

ʼn Woordvoerder van die Wit Huis sê in ʼn verklaring dat die VSA se kuswag strategies ingerig is om vinnig te beweeg en ʼn stelsel blitsvinnige reaksie het wat tans die situasie in die Stille Oseaan moniteer.

Die woordvoerder het bygevoeg dat die VSA ʼn Stille Oseaan mag is wat Sjina nie sal toelaat om onwettig en sonder kennisgewing te probeer vis vang in die gebied nie.