Sjinese entstof toetse lyk belowend

Volgens die Instituut van Mediese Biologie wat onder die Sjinese Akademie vir Mediese Wetenskap is, is die entstof wat ontwikkel is en nog in ʼn vroee stadium van toetse is, belowend gevind en glo baie veilig.

Die entstof wat ontwikkel is teen die Covid-19 koronavirus word deur wetenskaplike navorsers van Sjina bestempel as veilig en alhoewel dit nog in Fase 1 van toetse is, ook belowend en doeltreffend.

Die entstof is blykbaar getoets in mense van die ouderdom 18 jaar tot 59 jaar, en geen ernstige newe effekte kon opgespoor word nie.

Die inligting oor vordering met die entstof is in een van die mediese tydskrifte van Sjina gepubliseer, maar kenners sê die vroeë stadium gee nog geen amptelike bevinding nie.

Volgens die verslag is gevind dat pasiënte wel pyn ondervind het, duiseligheid, swelling en erge jeuk ondervind het.