Sjina se Menseregte onder verdenking

Menseregte groepe wat Sjina se verkiesing tot die Verenigde Nasies se Menseregte Raad teengestaan het, kom nou met inligting na vore wat die verkiesing van Sjina ietwat belaglik laat lyk.

Dit is die mening van ʼn deskundige op die gebied van menseregte verdraaiings in Sjina, maar kenners sê die inligting kom te laat na die oppervlakte.

Die Menseregte Groep sê die Sjinese rekord wat betref die menseregte in hulle land is sodanig dat Sjina nie op die VN se Menseregte Raad moes kom nie.

ʼn Sjinese woordvoerder het aan die media gesê die verkiesing van Sjina tot die VN se Menseregte Raad is ʼn bewys van die erkenning wat gegee word aan Beijing vir die geweldige vordering wat gemaak is op die besondere gebied deur die Sjinese regering.

Menseregte groepe het egter ʼn ander siening van die Beijing rekord oor menseregte en het ʼn wydverspreide kritiek op die sosiale media versprei wat sterk ondersteun word.

Honderde mense het op die netwerk gereageer en sê die Hong Kong wette is ʼn duidelike voorbeeld van hoe Sjina se menseregte benadering is.