Sjina plaas hewige druk op Taiwan

Die Taiwannese Weermag het verskeie kere ʼn vegvliegtuig aangewend om die tartende Sjinese vliegtuie te onderskep wat die grens tussen die twee lande oorsteek wat vertolk word as aggressiewe uitlok en beproef van geduld.

Die afgelope weke het die Sjinese meer as twee maal soveel keer as verlede jaar die grens oorgesteek met sy vliegtuie.

Die Eiland se Minister van Verdediging het die toedrag van sake beskryf as ʼn situasie waar Taiwan ernstige sekuriteit uitdagings ondervind wat veroorsaak word deur die Sjinese as buurstaat.

Sjina, wat eis dat die demokratiese eiland Taiwan deel van sy gebied is, het die afgelope weke sy militêre aktiwiteite naby die grens met Taiwan uitgevoer om daarmee sy mag tentoonstel en ook die grens met vegvliegtuie skend.

Die verhoogde intimidasie deur Sjina volg nadat Taiwan en die VSA weer onderhandelings aangegaan het vir die aankoop van militêre toerusting.

Die grens tussen Sjina en Taiwan word die Taiwan Straat genoem, ʼn seegebied waarvan die middel van die straat as amptelike grens vasgestel en herhaalde kere deur die Sjinese verontagsaam is.

Volgens ʼn verslag wat aan die parlement van Taiwan voorgelê is, het Sjina reeds meer as 4,000 keer die grens geïgnoreer om Taiwan uit te lok tot geweld.