Shell olie maatskappy verminder werkers

Die Shell olie en gas maatskappy gaan sowat 9,000 poste afskaf wat weens die impak van die pandemie veroorsaak is.

Die 7,000 tot 9,000 werksgeleenthede wat verminder gaan word sal almal afgeskaf wees teen 2022,

Die vermindering van werkers sal glo ʼn besparing van $2 miljard teweegbring vir die tydperk, en voeg by dat ʼn meer doeltreffende en eenvoudiger stelsel en organisasie in werking gestel word.

Die uitvoerende hoof, Ben van Beurden, sê verskeie posvlakke word uitfaseer aangesien daar te veel vlakke in die maatskappy is wat nou onnodig word met die nuwe vaartbelynde struktuur.

Die aankondiging is n verdere toevoeging tot die menige instansies wat besig is om poste te verminder, wat uiteindelik die werkloosheid syfer verder gaan verhoog.