Senekal en Wes-Kaap boere

Die sinlose moord van ‘n jong Afrikaner man in Senekal maak dat ‘n mens baie vrae vra en ook baie vergelykings probeer tref.  So kort soos April 2019 het ‘n klomp ryk wynboere ‘n drie-uur lange vergadering met Cyril Ramaphosa gehad. 

Die vergadering wat onder andere gereël was deur  Kanonkop- en Simonsig wyne asook Morgan Beef het uitgeloop op ‘n verklaring van die boere dat hul volle vertroue het in die leier van die ANC, Cyril Ramaphosa.  Sommige het selfs sover gegaan om te verklaar dat God Ramaphosa gekies het om die land te lei. 

Die boere het dan ook hul “liefde” vir Ramaphosa op die vergadering uitgespreek in die woorde van Beyers Truter: “meneer die president jy is gesalf soos ‘n David in die Bybel”, Truter het dan ook gesê hy sal vir die ANC stem op 8 Mei 2019. Ramaphosa het die boere gevra om hom te vertrou met hul stemme en dat hy sal toesien dat sy ministers sal presteer in hul werk. Op dieselfde vergadering het Ramaphosa jong boere gevra om nie die land te verlaat nie en hul gewaarborg dat daar genoeg geleentheid vir wit boere is.

Die vraag sal graag gestel word aan Beyers Truter, Chris Steenkamp en hul  meelopers:  hoe hul voel oor Brendan Horner se moord en die talle moorde van ander boere?  Kan julle die families in die gesig kyk na jul geheul het met Ramaphosa? Glo jul nog dat hy deur God aangestel is?  Is jul nog lief vir ‘n man wat niks doen om volksmoord te voorkom nie?  Slaap julle rustig in die nag sonder enige gewetenswroeging?

Dr Sakkie van der Merwe