Senekal die begin van verset

Die optrede van blankes tydens die vooraf verhoor van twee verdagte moordenaars van die jongman van die distrik, word gesien as die begin van veel groter weerstand wat blankes sal bied teen plaasaanvalle.

Die blankes het ʼn polisie Casper voertuig wat tussen mense ingery het, vinnig verwyder terwyl die voertuig magteloos was teen die krag van die boere.

Daarna het ʼn tweede voertuig tussen mense ingestorm, wat kort daarna op sy sy gegooi is en aan die brand gesteek is.

Die eis van Minister Cele dat die “oproermakers” gearresteer word, is deur die woedende boere met minagting bejeën en plakkate het daarna wye reaksie ontlok waarop die woorde “Cele must Fall” geskryf is.

Die optrede van die boere word gesien as ʼn eerste daad van weerstand teen die plaasaanvalle en moorde wat gepleeg word op mense wat die voedsel vir almal produseer.

Cele het aan boere in Newcastle gesê hulle moet nie tjank as hulle seerkry nie, en daarmee het die eerste vonk in die kruitvat gekom.