SABC wil honderde afdank

Die SABC kan nie langer sy bestaande personeelkorps bekostig nie, maar het ook nog geen aanstaltes gemaak om personeel af te lê nie.

Die vakbonde is glo verwittig om skriftelike voorleggings te maak om die afleggings te verminder of selfs geen personeel verminderings toe te pas nie.

Die openbare uitsaaier se finansiële posisie is so beroerd dat hy beplan om sowat 600 werkers af te dank om te voorkom dat die finansiële krisis die uitsaaier finaal kelder.

Vakbonde en die SABC het verskeie vergaderings gehad met die hoop dat oplossings gevind sou word om nie mense af te dank nie.

Die afgelope Vrydag is ê laaste geleentheid gebruik om tot ʼn vergelyk te kom, maar die hoof van Menslike Hulpbronne, dr. Mojaki Mosia het daarna aangekondig dat die afleggings mag voortgaan.

Die SABC, soos baie ander entiteite onder beheer van die staat, sit met so ʼn groot skuldlas dat daar twyfel bestaan oor die moontlikheid om langer staande te bly.