SABC staan hoed in die hand

Die nasionale uitsaaier is weer in finansiële verknorsings en sal binnekort met die hoed in die hand voor die ANC regering moet gaan staan as hy sy deure wil oop hou.

As een van die talle entiteite wat deur die staat en inderdaad ook deur die regering beheer word, is so diep in die rooi dat hy nou weer sy bedel-mondering sal moet aantrek om te pleit by die Nasionale Tesourie.

Die SABC het reeds sowat R3 miljard uit die regering gewurg in die afgelope jaar, en nog is dit nie die einde nie.

Die wankelende SABC het onlangs 13 werknemers afgedank wat “onregmatig aangestel” is, en bewerings wek die indruk dat die uitsaaier tot 600 mense kan aflê in sy soveelste poging om kop bo water te hou.

Die Uitsaaier sal glo verder konfereer met vakbonde, wat volgens kenners, die septer swaai in die SABC besluitnemings strukture.

Die vermoede bestaan dat die tariewe by die uitsaaier ook verhoog gaan word, waarvan lisensies, advertensies en ander dienste glo geraak sal word.