SA: Wanbestuur en verkwisting gaan voort

As iemand wonder waarom Suid-Afrika in ʼn status is wat rommel status genoem word weens sy swak finansiële bestuur, dan kan hulle gerus let op wat met die Covid-Noodfonds gedoen word.

Die Departement Gesondheid in Gauteng het ʼn veldhospitaal ingerig by Nasrec, met die doel om die verwagte toename in Covid-19 infeksies, nie onkant betrap word nie.

Die Nasrec tydelike hospitaal sal volgens regeringsbesluit, tot Januarie 2021 in stand gehou word, al is daar soos in Oktober, slegs 5 pasiënte opgeneem.

Die veldhospitaal is opgerig as tydelike inrigting teen ʼn koste van R350 miljoen, maar opname van pasiënte oor die afgelope maande was uiters min, en kon met gemak in ander hospitale opgeneem gewees het.

Gedurende die bestaan van die tydelike hospitaal, was 604 mense gehospitaliseer, en ʼn regeringswoordvoerder sê R58 miljoen is betaal in Augustus vir die 500 beddens en isolasie geriewe, terwyl R69 miljoen vir die 1,000 fasiliteite betaal is waar pasiente se herstel bevorder word, maar wat klaarblyklik nie in gebruik geneem is nie.