SA Virus status gunstig

Die Covid-19 koronavirus status lyk redelik goed alhoewel die gevaar van ʼn tweede pandemie nog lank nie verby is nie, en kan op enige stadium begin, het waarnemers gesê.

Die huidige stand toon dat daar sowat 70,000 mense in die land is wat infeksie het, en die sterftes wissel maar kan op 110 per 24 uur gestel word as ʼn gemiddelde oor die afgelope week.

Die daaglikse toename in nuwe gevalle wissel ook, maar word bereken op ʼn gemiddelde van 1,500 elke 24 uur wat by die owerheid aangemeld word.

Dokters en verpleegkundiges waarsku dat verslapping van die huidige maatreëls uiters onverantwoordelik sal wees, en vra dat maskers gedra moet word wanneer die woonhuis verlaat word, en die handhawing van sosiale afstand moet konsekwent toegepas word, terwyl die reiniging van hande nooit nagelaat mag word nie.