SA heropen uiteindelik sy grense

Die reg om internasionaal te reis, het aangebreek, maar is nie sonder beperkings nie, en voornemende reisigers moet hulle liefs vooraf vergewis van die beperkings wat steeds van krag is.

Suid-Afrika verwelkom die aankondiging dat ʼn nuwe tydvak aangebreek het wat internasionale reise moontlik maak, en die toeligting wat Minister Fikile Mbalula asook Binnelandse Sake se minister Aaron Motsoaledi gegee het, behoort eers deeglik nagegaan te word voordat reise beplan word.

Kenners wys daarop dat die inligting ook by reisagentskappe verkry kan word, veral in gevalle waar reise na lande onderneem wou word wat hoë risiko gebiede is soos die VSA, Indië en Brasilië, asook talle ander.

Slegs drie van die internasionale lughawens word oopgestel, naamlik Johannesburg (Tambo) Kaapstad en Durban, wat beteken dat reisigers na Suid-Afrika ook hiervan moet kennis neem aangesien dit redelik ongerieflik kan wees vir iemand wat terugkeer na SA maar wie se bestemming Bloemfontein is.