Rusland fasiliteer vrede samesprekings

Rusland het die afgelope naweek gesê dat Armenië en Azerbaidjan ingestem het om te ontmoet in Moskou om samesprekings te voer wat kan lei tot ʼn vredesverdrag.

Die gevegte in Nagomo-Karabakh kan moontlik beëindig word indien die twee lande onder leiding van die Russiese president, Vladimir Poetin, tot ʼn ooreenkoms kan kom.

Maria Zakharova, woordvoerder van die Russiese Ministerie van Buitelandse Sake sê aktiewe voorbereidings is getref en die samesprekings het laat Vrydagmiddag begin.

Beide lande se Minister van Buitelandse Sake vergader sedert Vrydag met president Vladimir Poetin, en die verwagtinge is dat dit die hele naweek in beslag sou neem.

President Poetin het die eerste rondte met goeie gevolge gewen deur beide partye te laat instem om eers mekaar se gesneuweldes uit te ruil sodat behoorlike begrafnisse gehou kan word en die families gekalmeer kon word daardeur.

Die eerste gesprek tussen die twee vegtende lande is in Genève gehou, maar dit het misluk en is selfs sonder enige mediaverklaring beëindig.

Onder leiding van President Poetin het die twee regerings ingestem tot ʼn skietstaking, wat beskou word as ʼn deurbraak om die gevegte gestop te kry. Waarnemers sê die skietstaking is ook ʼn persoonlike prestasie vir President Vladimir Poetin, en die moontlikheid bestaan dat hy die twee lande sal lei tot ʼn beëindiging van die konflik.