Rekords word gebreek

Die ANC kommunistiese regering  het een vermoë en dit is om rekords te verbeter. Tydens die tweede kwartaal van 2020 het 2,2 miljoen werksgeleenthede tot niet gegaan.  Die nuutste is ‘n rekord werkloosheid syfer. Bykans een uit elke drie persone in die land is tans werkloos,  die hoogste syfer in die land se geskiedenis.  Dit plaas Suid Afrika bykans op die laagste sport van die tabel van 83 lande.

Die Sjinese pes en daaropvolgende grendel sluiting het ‘n bydrae gelewer maar ‘n minderwaardige onderwys stelsel,  onbuigbare arbeids wetgewing en vervoer probleme dra by tot hierdie syfer.  Suid Afrika se staatsamptenare kos die land tans 12% van sy BBI , bykans nog ‘n wêreld rekord.  Korrupsie plaas Suid Afrika ook op die toppunt van die rangleer van korrupte lande.   Soos gewoonlik aanvaar die regerende party nie verantwoordelikheid vir die probleme nie en word die blaam op ander geplaas.