Reis-wette kelder vlugte

Die vreemde wette wat deur die ANC regime ingestel het om beheer te behou sodat die pandemie nie hervat in ʼn tweede fase nie, het egter veroorsaak dat verskeie lugrederye gesê het hulle staak vlugte na Suid-Afrika.

Die gereelde vliegtuie van Emirate sal gestaak word en die redery het bevestig dat sy vlugte na Suid-Afrika nie meer beskikbaar sal wees nie weens die vreemde en onmoontlike reis maatreëls wat in die staatskoerant gepubliseer is.

Kommer is uitgespreek oor die moontlikheid dat Lufthansa ook sy vlugte na Suid-Afrika gaan opskort tot die vreemde maatreëls opgehef is.

Die Verenigde Arabiese Emirate het geweier om die maatreëls te aanvaar, en het onverwyld sy roetes verander om nie meer na Suid-Afrika se vlieg nie.

Deskundiges in die toerisme bedryf sê hierdie onttrekking van die Emirate se gewilde redery sal ook ʼn negatiewe uitwerking hè op die reeds sukkelende toerisme bedryf van die land .