Regter Barrett beïndruk senatore

Regter Amy Coney Barrett, wat deur president Donald Trump genomineer is as regter van die federale Hooggeregshof in die VSA, het die ondervragings verhoor deur die senatore van die Demokratiese Party met vlieënde vaandels deurstaan.

Deskundiges en senior senatore het die verhoor opgesom en gesê sy het elke vraag met kalmte en met feite beantwoord, en “sirkels om die linkse senatore” gehardloop.

Regter Barrett het met kalmte, en soliede feite elke vraag netjies beantwoord, en het daarmee die Demokrate se senatore soms ietwat onnosel laat lyk, en dit het die indruk gelaat dat hulle onvoorbereid was en selfs desperaat om iets te vind waarmee hulle haar wou kasty, maar elke keer het sy met sterk feite haar antwoord verstrek.

Kenners sê sy sal die stemming in die senaat gemaklik wen, wat beteken dat die Hooggeregshof se span regters nou  ʼn meerderheid .is wat deur die Republikeine aangewys is.

Een van die Republikeinse senator het later daarop gewys dat regter Barrett sonder enige notas by haar, die verhoor deurstaan het en met skitterende elegansie en netjiese antwoorde die nydige Demokrate oortref.

In die foto hiernaas vertoon sy die skoon skryfblok sonder enige aantekeninge daarop, iets wat as besonder merkwaardig geag word in die verhore van die Amerikaanse senaat.