Regering gaan SAL help met miljarde

Minister Pravin Gordhan het gister gesê die SAL se versoek om R10,5 miljard van die regering te kry, word deur die ANC se volle kabinet goedgekeur.

Hy sê die verskille tussen hom en die Minister van Finansies, Tito Mboweni, is oorbrug deur ʼn eenparige besluit van die kabinet.

Dit beteken dat die bankrot SAL redery weer geleentheid kry om asem te skep, maar finansiële deskundiges vra waar die bankrot regering die enorme bedrag gaan kry, en watter maatreëls getref gaan word om te verseker dat die entiteit nie weer besteel word nie.