Ramaphosa se plan

Politieke ontleders vra die vraag of Ramaphosa nuwe plan om die ekonomie te stimuleer werklik inklusief is. Sy plan om beleggings te verkry rondom die infrastruktuur, plaaslike vervaardiging asook natuurlik grootskaalse werksgeleenthede wat geskep gaan word, klink goed maar die feit dat die nasionale Ekonomiese Ontwikkelings en Arbeids Raad (Nedlac) die proses gaan fasiliteer het dadelik die wenkbroue laat lig en kritiek uitgelok. Voortslepende arbeids aksies en dienslewering protes dui daarop dat die implimentering van die plan reeds gedoem is. Nuwe investering in sektore gaan duidelik misluk as die amptenary weereens hierdie geld gaan misbruik of bloot net steel.

Wat wel waar is, is dat sy plan inklusief is, want die wat het sal net meer belas word en die geld wat so verkry word sal verdeel word aan die “voorheen benadeeldes” wat reeds stinkryk is.

Dr. Sakkie van der Merwe