Ramaphosa se ou storie kry teenstand

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het in sy toespraak voor die parlement nie so suksesvol gevorder as wat verwag is nie, en sterk teenkanting oor die inhoud van sy rede was dus nie ʼn verrassing nie.

Opposisiepartye was duidelik nie tevrede met Ramaphosa se :ou stories” nie, en later het die president glo erken dat sy ekonomiese herstel plan inhoudelik niks nuut bevat nie.

Ramaphosa het bly fokus op die skepping van werkgeleenthede, en het dit versier met die beëindiging van die korrupsie in die land.

Ramaphosa moes hoor dat ʼn opposisie spreker gesê het die mense van die land is nie gekke om die belofte van 800,000 werksgeleenthede te glo nie, want die beloftes is lankal gemaak en meer mense verloor hulle werk.

Die Rooi brigade se woordvoerder het gesê die 800,000 werksgeleenthede wat glo geskep gaan word, sal nie werklikheid word nie.