Ramaphosa: Gesamentlike sitting van parlement

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, het ʼn gesamentlike sitting van die parlement belê vir eerskomende Donderdag, 15 Oktober, om 15h00 te begin sodat hy sy regering se ekonomiese herstel plan kan voorlê.

Die sitting wat slegs sal handel oor die ekonomiese herstel program, sal waarskynlik opgevolg word met die klein begroting van die Minister van Finansies, Tito Mboweni wat Vrydag gelewer sal word.

Ingeligte bronne reken die begroting hou geen goeie vooruitsigte vir belastingbetalers in nie, en die swak ekonomiese toestande sal voortaan aan die deur van die pandemie gelê word.

Die ANC het die afgelope weke beraadslaag om planne vir ekonomiese herstel te kry, maar kommer bestaan ook dat die uitvoer van die planne dalk nie so eenvoudig sal wees nie, veral met die regering se geskiedenis van onbevoegdheid om nuwe inisiatiewe tot werkbaarheid te bring.