Poskantoor moet Binnelandse Sake help

Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Stella Ndabeni-Abrahams sê haar departement beplan om nuwe moontlikhede te vestig in die SA Poskantoor.

Sy sê in ʼn media verklaring dat die nuwe dienste wat aangebied kan word glo digitaal verwant sal wees en sal ook insluit sekere dienste wat normaalweg deur Departement Binnelandse Sake gelewer word.

Van die dienste sluit in die hernuwing van bestuurslisensies en aansoeke vir ID kaarte en paspoorte.

Sy sê die dienste sal by alle takke van die poskantoor beskikbaar gestel word, maar waarnemers en kenners sê die poskantoor sal eers behoorlike opleiding moet kry en meer personeel sal nodig wees want die huidige diens is hopeloos te stadig.