Poskaart na 50 jaar afgelewer

ʼn Poskaart wat van Rome na die Duitse deelstaat Bavaria gestuur is het sy bestemming na meer as ʼn halwe eeu bereik.

Die spreekwoord wat lui dit is beter laat as nooit, het hier weer nuwe betekenis gekry veral as besef word dat dit ongemaklik lank is om 51 jaar te wag op pos uit Rome.

Dit is wat gebeur het m,et iemand wat ʼn besoek aan Rome gebring het, meer as 50 jaar gelede toe die poskaart, wat gestempel is April 1969, uiteindelik opdaag by Münsterschwarzach Abbey die afgelope week.

Die afsender, wat slegs as Hildegard bekend is, het ʼn fout begaan met die aflewerings adres, en daarom het die mooi poskaart in die “dooie pos van Duitsland” beland waar dit vir 5 dekades gelê het.

Die poskaart is nou vir vertoon uitgestal in die klein dorpie waar die bestemming is, en word deur vele toeriste en belangstellendes besoek.