Polisie slaan toe op drank verkopers

Terwyl sakeondernemings in die drankhandel sektor ernstige vertoë gerig het tot die owerheid om die beperkings op drankverkope tye op te hef, slaan die polisie toe op instansies wat die maatreël oortree.

Vir meer as sewe maande gaan die bedryf gebuk onder maatreëls wat verkope beperk en wat geldig bly weens die koronavirus wat beheer moet word in die verspreiding van infeksie.

Streng maatreëls is oor die afgelope maande gehandhaaf, en die verligting wat gebring is met die inwerking tree van Vlak 1  is sodanig dat die drank bedryf steeds sukkel om kop op te tel.

Baie drankwinkels het hulle deure permanent gesluit weens die grendel tyd se maatreëls, en honderde drankwinkels sukkel glo om in bedryf te bly weens die huidige maatreëls wat toegepas word.

Onwettige verkope van alkoholiese drank, veral in gevalle van verkope buite die vasgestelde ure, het polisie laat toeslaan, en is soveel as R800,000 se drank gekonfiskeer en het baie mense wat by “partytjies” was, aangekeer omdat hulle op onwettige wyse drank bekom het.