Polisie grootkoppe ook korrup

Die linkse argument dat die arm mense steel omdat hulle moet oorleef, maar watter argument voer hulle aan oor die senior mense in die SA Polisiediens wat korrup is.

Dit is die mening van ʼn onafhanklike waarnemer van Pretoria nadat berig ontvang is dat ʼn senior in die polisiediens, Luitenant-Generaal Mgweny, die jongste senior beampte is wat gearresteer is weens beweerde betrokkenheid by die korrupsie skandaal waarby miljoene Rand betrokke is.

Verskeie polisiebeamptes met hoé range is die afgelope weke gearresteer weens betrokkenheid by korrupsie, en dit het nou ernstige vrae laat ontstaan oor wat die betrokkenheid van die laer range se beamptes is.

Ernstige vrae word ook geopper oor die optrede van die Valke wat nou op die beweerde skuldiges toeslaan. Was die Valke eenheid lankal bewus van die ongerymdhede, of reageer hulle nou nadat die president sekere verwagtinge koester oor arrestasies wat nodig is.