Pole vind reuse bom uit WO II

Die Poolse Vloot het die grootste bom gevind wat nog in die land opgespoor is en wat afkomstig is uit die Tweede Wêreldoorlog.

Die Vloot woordvoerder sê die reuse bom sal minstens 5 dae se harde werk vereis om onskadelik gemaak te kry, en van die terrein verwyder te word.

Minstens 750 mense word uit die hele omgewing verskuif weens veiligheidsredes, en die bom wat “aardbewing” genoem is, is in werklikheid die “Tallboy” wat deur Brittanje gebruik is.

Die reuse bom weeg sowat 5,400 kg waarvan 2,400 kg plofstof is en ʼn vernietigende uitwerking het as dit ontplof.

Die bom is in die Baltiese See waar dit met die Oder Rivier verbind word, gevind, en is in 1945 deur die Britse Royal Air Force afgegooi om ʼn Duitse kruiser skip, die Lutzow, te vernietig.

Die Poolse Vloot beskik oor deskundiges wat die bom onskadelik kan maak, maar dit is ʼn gevaarlike taak en daarom is die mense in die naby geleë omgewing aangesê om vir die week elders te gaan woon.

Die deskundiges het later besluit om die bom te aktiveer terwyl dit nog onder water is, wat toe enkele minute later ontplof het en op skouspelagtige wyse buite aksie gestel is.