Pole beveel Rusland om miljarde te betaal

Die waghond organisasie oor monopolieë in Pole het die Russiese reus, Gazpro, beveel om die boete van $7,6 miljard te beaal vir sy pyplyn wat gas na Duitsland sal vervoer.

Die “Nord Stream 2” pyplyn is van die begin deur Pole teengestaan as ʼn projek wat Rusland in staat stel om gas na Duitsland te vervoer, maar wat volgens Pole die monopolie sal kry wat nie in Europa se belang is nie.

Gazpro het die boete wat deur Pole gehef word, as onaanvaarbaar bestempel, maar dit lyk of Pole nie maklik sal bes gee oor die aangeleentheid nie.

Die Poolse reguleerder sê die oprigting van die pyplyn sal Gazpro se belange sodanig verhoog dat dit dominerend in die Poolse markte sal meebring.

Die projek sal Duitsland  in staat stel om sy gas aankope uit Rusland te verdubbel, en Pole beskou dit as verbreking van die wet op mededinging en hou ernstige gevolge in vir ander Europese lande.

Gazpro sê hy sal alles moontlik doen om die projek binne die wet deurgevoer te kry, maar daar is ook die moontlikheid dat Europese lande sterk teenstand gaan bied oor die pyplyn se oprigting, dat meningsvormers reken dit is dalk die einde van die projek.