Poetin sit agter Navalny vergiftiging

Die grootste kritikus van die Russiese president het in ʼn onderhoud aan die media gesê die vergiftiging is ʼn daad waaragter die president sit.

Hy sê die president Vladimir Poetin was agter die daad van vergiftiging en hy is steeds bekommerd oor die feit dat sy kritikus vreesloos bly.

Navalny se herstel nadat hy weke in ʼn koma was, word toegeskryf aan die spesiale sorg wat in die Charite Hospitaal van Berlyn  gegee is.

Die Duitse geneeskundiges het gesê die vergiftiging kon die dood veroorsaak het, of kon ʼn jarelange verlamming teweeggebring het.

Navalny sê hy staan daarby dat Poetin agter die wandaad sit, uit vrees dat die opponent te veel steun kry, en voeg by dat hy geen ander rede sien waarom hy geteiken is nie.

Op ʼn vraag het hy geantwoord dat die senuwee verlamming vinnig intree, en dat hy geen pyn gevoel het nie, maar tog gevoel het dat hy besig is om stadig dood te gaan.

Die geneeshere het beklemtoon dat Navalny minstens nog ʼn maand nadat hy uit die hospitaal ontslaan is, sal neem om sodanig te herstel dat hy kan terugkeer na Rusland.