Poetin se Skietstaking word verbreek

Die twee vegtende lande wat onder leiding van president Vladimir Poetin tot ʼn skietstaking ooreengekom het, beskuldig mekaar van verbreking daarvan.

Armeniërs en Azerbaidjan kon nie vir twee dae ʼn skietstaking nakom nie, wat die 25 jaar lange konflik weerspieël tussen die twee buurlande.

Nagorno-Karabach, wat grondgebied van die Islamitiese Azerbaidjan is, word bewoon en bewerk deur die Arameërs wat aanspraak daarop maak dat dit hulle gebied is weens die besetting oor baie dekades.

President Poetin het die twee lande orreed om eerder die liggame van gesneuweldes met mekaar uit te ruil, en daarna tot ooreenkoms geraak vir die skietstaking.

Beide lande beskuldig mekaar oor die verbreking van die skietstaking, maar waarnemers is dit eens dat president Poetin nou tussenbeide sal moet tree voor die gevegte volskaals hervat word.