Plaasaanvalle bly ernstige saak

Die onlangse verset optog by die landdroskantoor van Senekal deur honderde boere van die Vrystaat, het getoon dat die groeiende verset nie ligtelik beskou kan word nie.

Die video wat daar gemaak is van die werklike gebeure toe polisie onregmatig opgetree het, is ʼn bewys dat die blankes in Landbou geledere nou keelvol geraak het.

Die moord op die jongman van die distrik word deur kenners in ʼn baie ernstige lig gesien. Die moord is nog een van talle om die blankes op plase uit te moor sodat swartes die hele land kan beset, is die mening van ʼn volkekundige wat die plaasaanvalle oor jare volg.

Die verskillende aanvalle van die afgelope weke is nie net kommerwekkend nie, dit wys ook ʼn vinger na die owerheid wat nie maatreëls tref om die moorde te stop nie.

Politieke ontleders wys daarop dat swartes wat blankes vermoor, meer as 90% van alle ras verwante voorvalle uitmaak, wat die vraag na vore bring of die doodstraf nie weer ingestel moet word nie.

Die moordenaars weet hulle word net in die tronk gestop, en sommige is trots om te erken dat hulle eerder in die tronk sit waar hulle kos en klere en slaapplek kry sonder om te werk.