Parlement hoor die herstel plan

President Cyril Ramaphosa het sy sogenaamde ekonomiese herstel plan aan die parlement oorgedra, maar kenners is teleurgestel met die inhoud daarvan wat hoogstens ʼn herhaling van vorige planne is.

Die president het herhaal dat die grendel tyd 2,2 miljoen werkloses gelaat het, en dat miljarde Rand aan noodhulp uitbetaal is.

Die grendel tyd het ook veroorsaak dat miljoene Rand aan inkomste uit belasting verlore gegaan het, wat die finansiële posisie van die staat negatief geraak het.

Hy herhaal dat die SA Ekonomiese Herstel Plan ontwikkel is met behulp van verskeie deelnemers in bedie die privaat en openbare sektor.

Die fokus word gestel op werkverskaffing, verhoogde belastings, besparings in Staats-uitgawes, en uitwissing van korrupsie.

Die tussentydse begroting wat minister Mboweni moes lewer, is derhalwe uitgestel tot 21 Oktober, en sal in lyn wees met die groter herstel program.