Paraguay polisie vind tonne kokaïne

Die polisie in Paraguay het gister beslag gelê op ʼn groot besending kokaïne by ʼn afgesonderde private seehawe wat klaarblyklik bedoel is om te verskeep na Israel.

 Die polisie sê 2,3 metrieke ton van die gevaarlike dwelmmiddel is gevind wat versteek was in ʼn besending goedere wat reeds verpak was in ʼn skeepsvrag houer.

Die waarde van die besending word op minstens $500 miljoen gestel, en die spesiale polisie eenheid vermoed dat hulle nog meer van die dwelmmiddel sal vind deur die soektog voort te sit.

Twee verdagtes wat die beplanning van verskeping gedoen het, is gearresteer, maar dit is glo duidelik dat die ware dwelm base nog op vrye voet is.

In 2019 is 2,2 ton kokaïne wat vir Europa bedoel was, ook deur die polisie gevind is voor dit verskeep kon word.