OVK: Mashaba se party weggewys

Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) het die registrasie van Herman Mashaba terug verwys weens verskeie aspekte wat nie aan die vereistes voldoen nie.

Die OVK het as redes aangevoer dat Mashaba se “Action SA” party se naam te na aan die naam van ʼn ander politieke party is wat “Party of Action” heet.

Die OVK het ook aangevoer dat die party gebruik maak van die landsvlag as logo, wat nie toelaatbaar is nie.

Herman Mshaba het die party gestig nadat hy as burgemeester van Johannesburg bedank het en sy visier glo gestel het op die vernietiging van die ANC as politieke party en regeerder van die land.

Die voormalige burgemeester het in reaksie gesê die OVK se weiering om sy party te registreer kom nie as ʼn verrassing nie, en die stryd word voortgesit.