Oud MK lede oorweeg geweld teen ANC

Alhoewel dit nie moontlik was om bevestiging te kry nie, bestaan die gerugte dat die voormalige MK lede dit sterk oorweeg om gewelddadig op te tree teen die ANC regering.

Die voormalige lede is ontevrede omdat hulle nie in poste aangestel word in die land se veiligheid strukture nie, en is meer ontevrede omdat die regering nie gereageer het op hulle skrywe wat reeds verlede jaar tot die regering gerig is nie.

Die ANC se uMkhonto weSizwe Military Veterans Association het gevolglik ʼn reuse padblokkade gehou op die N12 snelweg wat honderde voertuie tot stilstand gedwing het, wat moes dien as poging om die regering se aandag te kry vir hulle saak.

Die organisasie se president is vroeër glo deur die ANC se ses hooggeplaastes aangevat oor ʼn video opname wat hy op die sosiale netwerk versprei het waarin hy vra dat die lede die wapen moet optel.

Intussen is ʼn vergadering met regeringslui gehou wat as van betekenisvolle waarde gehou is.