Orkaan Delta verloor spoed

Inwoners van Meksiko het ʼn mate van verligting gehad toe aangekondig is dat die Kategorie 4 Orkaan Delta besig is om af te plat, en nie so verwoestend sal wees toe dit die land tref nie.

Waarskuwings is Donderdag uitgereik om inwoners te waarsku, maar moes ure later die verblydende nuus uitstuur dat Orkaan Delta aansienlik verswak het en dat die gevreesde orkaan waarskynlik tot Kategorie 2 gedaal het.

Die windsterkte het ook drasties afgeneem en het by die kus van  die vissers dorp Puerto Morelos reeds van 230 km per uur tot 170 km per uur verswak.

Die orkaan het aanvanklik versterk terwyl dit oor die warm Karibiese see beweeg het, en het die moontlikheid gehad om die ergste storm oor Meksiko te word wat in die afgelope dekade ondervind sou wees.