Openbare Beskermer verloor weer

Die Openbare beskermer het weereens ʼn saak in die hof verloor, en kenners reken dat sy geen saak sal wen solank as wat sy politieke argumente gebruik om haar ondersoeke en sienings in die hof te verdedig.

Om ʼn saak wat op regsgronde geveg moet word in die hof, kan nie met politieke sienings en argumente gewen word nie, en hierdie keer was dit weer die geval.

Die Openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, sal nie finansieel stand bly as su op die wyse haar sake in die hof wil stuur nie, het ʼn bekende regsman gesê.

Hierdie keer het sy verloor in haar poging om te keer dat die parlement se ondersoek wat nog nie verby is nie, nie mag voortgaan nie, om daarmee haar eie posisie te beveilig.

Die parlement het die volste reg om haar te ondersoek en sekere aanbevelings goed te keur.

Die OB het ook probeer om met die hofsaak te voorkom dat die parlement besluit oor haar  moontlike afdanking en wanneer dit weer deur die parlement ter tafel gelê kan word.