Olie besoedeling bedreig Natal strande

Die Umbilo rivier in Natal is klaarblyklik in gedrang want die oliestorting het glo die Durban hawe ook bereik en besoedel, en kenners sê die strande word ook bedreig.

 Waarnemers sê die storting is van ernstige aard en alhoewel daar onsekerheid is oor wie die skuldiges is, sê die regering die “kriminele indikate” is daarvoor verantwoordelik.

Duisende liter ru-olie wat in die Umbilo rivier gestort is, het nou die hawe bereik en veroorsaak paniek en chaos.

Die storting wat vermoedelik in die omgewing van Bellair in die vroee oggendure van die afgelope Woensdag plaasgevind het, kan ook die strande van die omgewing besoedel, terwyl seelewe ook bedreig word.

Benewens die skade aan die omgewing en natuurlike lewe van plante en diere, is dit ook ʼn bedreiging vir die omgewing se inwoners, en sal opruiming ʼn prioriteit moet wees, het kenners gewaarsku.