Nuwe kragproppe vir nuwe geboue

\

Die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde (SABS) het die elektriese muur kragproppe opgradeer, en sal nuwe geboue en ander wat verbeterings ondergaan, met die nuwe muurproppe toegerus word.

Die nuwe muurproppe sal vereis dat nuwe proppe ook benodig sal word wat waarskynlik eersdaags in winkels te koop sal wees.

Die nuwe proppe sal glo veiliger wees, en alternatiewe proppe om koppeling moontlik te maak sal selde nodig wees.

Tans is daar ʼn wye reeks van koppelstukke wat op die huidige stelsel werk, maar wat glo onnodig is, en eerder vervang moet word met ʼn meer eenvoudige en veilige stelsel.

Die aankondiging van die SABS sal ʼn elektriese revolusie veroorsaak in die land, en kan miljarde Rand beloop as alle geboue omgeskakel moet word.

Die woordvoerder van SABS sê mense hoef nie bekommerd te wees nie want die omskakeling sal oor baie jare toegepas word.

Die nuwe stelsel sal glo in Julie 2021 in werking gestel word, wat beteken dat geboue wat daarna opgerig word, met die nuwe muurproppe toegerus moet wees.