Nuusflitse

Nieu-Kaledonië

Die inwoners van Nieu-Kaledonië het in ʼn referendum teen afskeiding van Frankryk gestem en het daarmee die hoop laat vervaag dat dit ʼn republiek sou word. Die stemming van Ja of Nee vir of teen die afskeiding is deur die Nee-stem met ʼn  besliste  meerderheid gewen

Duitsland

Duisende kiesers in Duitsland het in verskeie stede ʼn optog gehou om protes aan te teken oor die hernude grendel maatreëls wat ingestel is omdat die nuwe infeksies dui op ʼn tweede pandemie.

Belarus

Minstens tien pro-demokrate in Belarus is deur die polisie in hegtenis geneem tydens die afgelope naweek se protes optogte, en alhoewel dit ʼn vreedsame optog was, het die polisie nie gehuiwer om hardhandig op te tree nie.

Boetes

In Duitsland is meer as $3,5 miljoen aan boetes ingevorder met die 35,000 boetekaartjies wat uitgereik is teen mense wat die land se Covid-19 maatreëls verontagsaam het. Die owerheid is bekommerd oor die moontlikheid van ʼn nuwe pandemie wat kan ontstaan met die maatreëls wat verslap is in die afgelope weke.