Noord-Korea vertoon massiewe ballistiese missiel

Die 75ste herdenking van die Werkers Party in Noord-Korea het met ʼn militêre hoogtepunt geëindig toe ʼn massiewe ballistiese missiel op die toneel vertoon is.

Die nuwe interkonternentale ballistiese missiel is deur die kommunistiese leier, Kim Jong-Un gebruik om die wêreld, en waarskynlik die VSA, tot die besef te bring dat Noord-Korea ʼn kernwapen moondheid geword het.

Die Skiereiland het sy grootste mag vertoning ooit die afgelope Saterdag gehou en het Westerse lande onkant betrap met die vertoon van die reuse missiel.

Die missiel wat vervoer moes word met ʼn vragmotor met 22 dra-wiele is die grootste van alle wapentuig vertonings wat Noord-Korea nog aangebied het, en alhoewel die land sedert 2018 geen nuwe wapens vertoon het nie, word die jongste vertoning deur verskeie lande as ʼn skok ervaar.

Kim Jong-Un het van die geleentheid gebruik gemaak om ʼn groot skaere van sy ondersteuners toe te spreek en het baie tyd afgestaan om te handel met die Covid-19 koronavirus, maar het ook Westerse lande gewaarsku om nie sy land te bedreig nie.

In die laaste fase van die feestelike gebeure het Kim Jong-Un saam met sy militêre hoofde Sondag die duisende dansers en gimnaste se vertonings geniet, wat ook beskou word as die grootste vertoning van die aard wat nog in die land gehou is.