Noord-Korea herdenk 75 jarige bestaan

Die Kommunistiese Party in Noord-Korea herdenk die afgelope naweek sy 75ste jaar van regeer met die hou van ʼn reuse militêre parade.

Ingeligte bronne sê die Noordelike skiereiland mag selfs van die geleentheid gebruikmaak om nuwe wapentuig wat hulle self vervaardig, te vertoon.

Die militêre parade wat die afgelope Saterdag gehou is ter herdenking van die Kommunistiese Werkers Party se 75ste bestaansjaar het ook die geleentheid gebruik om sekere toerusting te demonstreer ten aanskoue van die leier, Kim Jong-Un en sy ondersteunende militariste.

Die parade is baie noukeurig deur die Amerikaanse Weermag gemoniteer asook deur die VSA se Intelligensie owerheid.

Internasionale waarnemers het gespekuleer dat die militêre parade kon afsluit met die lansering van nuwe missiele, maar die algemene indruk is dat dit nie gebeur het nie.